In hierdie virtuele kletskamer gesels dr Estelle Kruger met haar finalejaar- onderwysstudente by Universiteit Stellenbosh oor verskeie aspekte van Afrikaanse jeugletterkunde.
Jeugletterkunde word in hierdie aanlynjoernaal gesien as verhale wat …
- deur die jeug geskryf is;
- vir die jeug geskryf is;
- ‘n jeugdige hoofkarakter het.
Die aanlynjoernaal sluit die volgende aspekte in:
- teoretiese aspekte van onderskeie genres;
- inhoudelike fasette van tekste;
- leeslusmakers;
- onderrigidees.
Lees die artikel in Die Burger (2010/09/05) en vertel vir ons wat jou 5 gunsteling jeugboeke is of was. Gebruik enige van die responsvrae om jou mededeling te maak.
Nou kan jy beweeg na die kletskamer.