Welkom by Boekwurm!

In hierdie virtuele kletskamer gesels dr Estelle Kruger met haar finalejaar- onderwysstudente by Universiteit Stellenbosh oor verskeie aspekte van Afrikaanse jeugletterkunde.

Jeugletterkunde word in hierdie aanlynjoernaal gesien as verhale wat …

  • deur die jeug geskryf is;
  • vir die jeug geskryf is;
  • ‘n jeugdige hoofkarakter het.

Die aanlynjoernaal sluit die volgende aspekte in:

  • teoretiese aspekte van onderskeie genres;
  • inhoudelike fasette van tekste;
  • leeslusmakers;
  • onderrigidees.

Lees die artikel in Die Burger (2010/09/05) en vertel vir ons wat jou 5 gunsteling jeugboeke is of was. Gebruik enige van die responsvrae om jou mededeling te maak.

Nou kan jy beweeg na die kletskamer.

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.

35 Responses to Welkom by Boekwurm!

  1. Louise Brown says:

    My gunsteling jeugboeke was almal boeke oor perde omdat ek so ‘n dromer was. Ek weet nie of ek eers van perde gehou het en of die boeke dit geinspireer het nie. Dit sluit onder andere in “Die geleende jaar”, “Die buikgord breek” en my groot gunsteling, “‘n Perd soos prins panga” deur C.S. Badenhorst. Die dromer in my het ook gehou van boeke wat in die verlede afspeel soos “As die sweep klap” wat oor die voortrekkers handel. Nog ‘n gunsteling is “Baron van Duiwelstroon” wat in 1965 geskryf is.

  2. Skilpoppe, Vaselinetjie, Eenkantkind, Diekie vannie Bo-Kaap, Dis ek Anna
    Ek het baie van die boeke gehou omdat ek my met die karakters kon vereenselwig. Sommige van die karakters en die sosiale kwessies het my aan my vriende en mense van ek ken, herinner. Ek kon myself inleef omdat ek so graag wou hê die boeke moet nie net bloot fiksie wees nie:-)…Van die boeke het ook ‘n morele les gehad, wat ek in die toekoms kon toepas.

  3. Esté Theron says:

    Saartjie reeks- Bettie Naudé
    Maasdorp reeks- Stella Blakemore
    Ek het van beide die Maasdorp en Saartjie reeks gehou, omdat die karakters in die boek ‘n ander lewe gehad het as wat ek gehad het. Hulle het altyd sulke avontuurlustige ervaringe gehad.
    Blinde Sambok– Riana Scheepers
    Ek kon nie die boek neersit nie. Dit was vir my interessant hoe sal alles kon onthou van haar geboorte af.
    Groen is die kleur van genade– Marlene le Roux
    Die boek was vir my goed omdat die persoon het in die moeilikheid gekom en toe by die DBV gaan uithelp en dit was vir my lekker om te lees oor “hoe dit by die DBV werk” en dat almal kan nog ‘n kans kry selfs die diere
    Nie vir kinders nie– Francois Bloemhof
    Dit is vir my intersessant om te lees hoe die jeug verander het en soms wonder ek of die jeug werklik so wild is.

    • Dawie se kabouter ;) says:

      Ek dink dat baie jeugliteratuur die jeug en hul gewoontes tot ‘n groot mate oordryf en ek het dit al reeds gevind toe ek op skool “Daar’s vis in die punch” gelees het. Alhoewel ek dink dit is ‘n goeie boek, word daar vreeslik veralgemeen oor hoe die jeug van vandag is, wanneer dit eintlik net uitsonderings is.

      • Esté Theron says:

        Ja, ek het dieselfde gedink van “Daar’s vis in die punch” ek het net die heeltyd gewonder watter vreemde dinge doen die meisie en dan sê sy nog almal doen dit. Ek en my vriende het nie so “woes” aangegaan nie. En dieselfde nou met “nie vir kinders nie” is nou amper bang om eendag kinders te hê!

        • ekruger says:

          Ek wonder of die feit dat hierdie teks deur ‘n tiener self geskryf is, bydra daartoe dat daar oordryf word …? Dit was wel tot ‘n groot mate vernuwend in terme van die taalgebruik en inhoud, maar oor die algemeen word deur kundiges gemeen dat jeugtekste ook veronderstel is om “opvoedkundig” (nie noodwendig prekerig nie) te wees – dit moet ook voldoen aan literêre eise.

  4. Timara Wyngaard says:

    Ek was gefassineer met die Griller-reeks. Dit was veral die afwagting en intrige wat in die storielyn geskep is, wat my aandag bladsy na bladsy behou het.
    Die Harry Potter-reeks het my weggevoer na ’n towerwêreld buite my eie.
    Dis ek, Anna het ek op hoërskool gelees en dit het onmiddellik een van my gunsteling boeke geword deurdat dit die realiteit van hierdie dogtertjie op ‘n skerp dog simpatieke wyse weergee.
    Daleen Mathee se trilogie het my op ‘n sprokieagtige wyse weggevoer na die Knysna bos.
    As ‘n aanhanger van Dawson’s Creek op TV, het ek ook die boeke geniet.

  5. Knersus says:

    Ek het as kind die Saartjie- en Trompie-reeks gelees. My ouer suster se liefde vir lees het by my die behoefte geskep om ook te lees. Inge was nie altyd bereid om haar boeke vir haar jonger suster te leen nie en ek moes maar dit skelm gelees het wanneer sy in die middag sport beoefen het. “Vlindervlug” (Esta Steyn) is een van my gunsteling boeke. Dit het ‘n groot indruk op my gemaak, omdat die karakter se innerlike worsteling en emosies baie ooreengestem het met my eie stryd op daardie stadium. Ek het ook twee Engelse boeke gelees het, naamlik “The Skeleton Closet” en “Charlie and the Chocolate Factory”.

  6. Willy* says:

    My vyf gunsteling boeke was, Dis ek Anna, Eenkant kind deur Marita van Vyver, Vyf, ses en die skerp mes, Diekie van die Bo-Kaap en Vis en die Punch.
    Die boeke wat ek gelees het, het ek baie geniet, juis omdat ek bewus was van baie van die gebeure in die boek. Ek geniet dit ook baie om verhale te lees wat aktuele kwessies behandel. Dit is vir my baie maklik om myself in ‘n boek in te leef, soms voel dit asof ek die karakters persoonlik ken, dat ek weet hoe hulle lyk. Dit voel letterlik of ek daar is as die dinge met die karakters gebeur. Soms ervaar ek die emosies saam met die karakters veral die hartseer en die verliefdheid. Ek was verras deur die einde van baie van die verhale, ek hou nie daarvan om vooruit te voorspel nie. Vyf se en die skerp mes het ‘n baie hartseer einde gehad en dit het my teleurgestel.

  7. Lauri says:

    My gunsteling vyf jeugboeke was die Harry Potter -reeks,omdat ek myself in hul tower wêreld kon inleef; die Sweet Valley High-reeks en die Reënboogrant-reeks, omdat die karakters my aan karakters in my eie lewe herinner het en kon ek met hulle identifiseer; verder was die Saartjie en Trompie boeke ook baie gewild en laastens was Die Pro ook een van my gunstelinge omdat dit ‘n bietjie dieper dink geverg het en meer komplekse inhoud gehad het.

  8. Ilze says:

    My eerste gunsteling boek wat ek kan onthou was Boet & Saartjie, dit was toe mos nog baie opwindend vir ‘n klein dogtertjie wat leer om te lees. Die Trompie boeke was net so gewild om te lees en ook die Harry Potter reeks. Daar’s vis in die punch was ook een van daardie boeke wat toe jy jonger was “cool” was om te lees. Vaselinetjie en Skilpoppe omdat hulle “dieper” was en die tema meer interpretasie geverg het.

  9. Jane Eyre says:

    Ek was verslaaf aan die Grillers-reeks ! Ek was baie paranoïes en het dit gelees net om my uithouvermoë te toets.
    Tweede op die lys is sonder twyfel Saartjie, behalwe vir die feit dat ek haar haarstyl en sy was vir my die vroulike weergawe van Trompie en het n sterk invloed gehad op my feminisme.
    Wie kan nou nie vir Shani en Sunette Brink onthou nie? Die Reënboogrant-boeke het gesorg vir drama en het temas aangepak wat die normale tiener mee te make gehad het.
    Dankie aan J.K. Rowling vir n ontsnapping na n ander wereld en Dr. Suess.

    • Liewe Heksie says:

      Nog ‘n mater wat Reënboogrant se avonture beleef het! Die boek het nogal lewenslesse vir tieners soos moenie drink nie EN moenie vergeet van Ans se probleme met haar lyf nie.

  10. Kristian Bezuidenhout says:

    I am David van Anne Holme was vir my baie aangrypend. Ek onthou ek het dit in graad 8 gelees en pouses in die klas gebly om te lees. James A. Michener se Tales of the South Pacific, al was dit nie ‘n jeugverhaal nie, was ook `n baie aangename lees, spesifiek weens die geskiedkundige gegrondheid daarvan. The Physicists van C.P. Snow het ek ook menige male onder oë gehad omdat dit ongelooflik interessant was. Afrikaanse boeke wat ek geniet ek sluit onder andere Johan Bakkes se Moer toe die vreemde in asook Dalene Matthee se Toorbos wat plek-plek aansluit by Kringe in ‘n Bos.

  11. KênsTillie Moolman says:

    Toorberg – Etienne van Heerden
    Trompie – Topsy Smith
    Droomwa – Barrie Hough
    My kat word herfs – Barrie Hough
    Saartjie-reeks – Bettie Naudé
    Pendoring en seun – A.S. van Straten

    Etienne van Heerden en sy Toorberg is die rede hoekom ek vandag hier in die Afrikaansklas sit. Dit het werklik die wêreld van die letterkunde vir my oopgesluit. By Trompie en sy bende het ek baie lekker idees gekry hoe om stout te wees – my pa wou `n seun gehad het, toe kry hy vir my. Barrie Hough se boeke was vir my baie hartseer. Toe ek besef Saartjie is ook `n rabbedoe, het ek dit nogal geniet – watter kind hou nie van kattekwaad nie? My Afrikaansonderwyser het Pendoring en seun die snaaksste boek op aarde gemaak!

  12. AfriDromer says:

    Sprokies was my gunsteling omdat ek ’n dromer is en as jongmeisie was dit vir my lekker om te droom oor prinse en prinsesse. Ena Murray se romans het ek ook geniet al is dit nie jeugboeke nie.’n Reeks boeke wat ek op laerskool geniet het , was ’n avontuurreeks waar jy soms ’n paar keuses gegee is en dan volgens jou keuse na ’n bladsy gelei word. Die pro was ’n boek wat my emosioneel geraak het. Dit is in dagboekvorm geskryf en was vir my baie werklik. Blinde Sambok is goed geskryf en was aangryppend.

  13. Darkangel says:

    My vyf gunsteling jeugboeke is Saartjie, Trompie, Sweet Valley High-reeks , Grillers-reeks en Accross the barricades. Trompie was altyd interressant omdat jy nooit weet wat volgende gaan gebeur nie. Ek hou baie van liefdes verhale. Daarom staan Accross the barricades vir my uit omdat die twee mense baie dinge oorkom het om hulle liefde uit te leef. Ek hy my altyd ingeleef in hierdie boeke veral in Sweet Valley High. Ek het soms gewens ek was een van hulle omdat hulle altyd hope pret gehad het en ook altyd mekaar ondersteun het wanneer hulle in die moeilikheid is. Die Grillers boeke het later bietjie te voorspelbaar geword.

  14. Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

    Raka(die roman), Die Uile, Die 11de Hekkie, Joof en sy maats, Harry Potter. My gunsteling uit die bogenoemde paar is verseker Raka. Die gevoel wat egter in my siel aangewakker is deur die eerste klewerige, stowwerige bladsy van `n Cor Dirks omnibus, sal nooit vergaan nie. Die manier waarop die vyf maats hulle altyd in die middel van `n morsige situasie in die middel van niks en nêrens bevind het, het die avonturier in my laat ontwaak. Ek wil steeds `n rugsak pak en net êrens in die wildernis gaan uitspan en moeilikheid soek.

  15. Dawie se kabouter ;) says:

    Om vyf boeke te kies uit al die jeugliteratuur wat ek al gelees het, is vir my vreeslik moeilik, omdat soveel ‘n ongelooflike invloed op my gehad het. Die “Maasdorp”-omnibusse was die eerste boeke wat ek gelees het en hierdie boeke het my onbeskryflik lief gemaak het vir lees. Boeke wat verder vir my uitstaan is “Dis ek, Anna”, “Daar’s vis in die punch”, Kringe in ‘n bos”, “Fiela se kind” en die “Harry Potter”-reeks. My gunsteling boeke, as kind, was boeke wat in koshuise afspeel omdat dit my vreeslik geintereseer het en ek myself so intens daarin kon inleef.

  16. fantasie-held says:

    Ek was van kleins af `n fantasie-aanhanger omdat ek my kon vereenselwig met die helde. Ek was die een wat die beste towerstaf geswaai het in London (Harry Potter), ek was die een wat die ring deur “middle earth” moes neem en gaan vernietig (LOTR), ek was die muis wat voor geloop het (Die reis na frigidus). Ander Afrikaanse gunstelinge was Stories van Rivierplaas waarin ek my jongjare se rabedoe-heid kon uitleef terwyl Daleen Matthee se drie bosboeke my laat leef het in my gunsteling plek op aarde; die Knysnabos. Ander bekende kinderreekse was vir my net breindood.

  17. die B-MANN says:

    My lys van geleesde boeke sluit nie slegs jeugromans in nie, omdat ek eers heelwat later in my lewe begin lees het (rondom graad-11). Ek was een vakansie verskriklik verveeld op ons familie plaas naby Calvinia. Ek het myself toe gedwing om ’n boek te lees (Wilbur Smith) – dus het my liefde vir lees deur selfontdekking ontstaan. Raka – die roman, is seker een van my gunsteling jeugromans, naas The Life of Pi en Nie vir kinders nie. Die amptelike lys sluit ook die Harry Potter-reeks en die Wilbur Smith-reeks in.

  18. Liewe Heksie says:

    As kind was my gunstelingboeke, boeke wat my verbeelding aangegryp het. Die eerste boek is Saartjie. Ek het met haar geassosieer en wou dieselfde kattekwaad as sy aanvang. My tweede boek is Trompie, want dit het my laat lag.

    Later het ek Reënboogrant gelees waar ek Shani en Sunette (twee susters) se lief en leed beleef het. Vierde op my lys is Little Women wat my geneem na ‘n ander tyd waar meisies handskoene en hoede gedra het. Vyfde is Harry Potter wat my op reis geneem het na Hogwarts en ‘n wereld van towerkrag

  19. Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) says:

    Dit was vir my aanvanklik moeilik om te bepaal watter jeugboeke ek die meeste geniet het om te lees aangesien ek nie presies geweet het wat die kriteria van jeugverhale is nie. Ek dink toe terug na die dae van “Boet en Saartjie”, maar reken toe dat dit dalk té jeugdig van aard is. Die jeugverhale waarop ek toe besluit het, het almal romantiese ondertone gehad—ek is maar ‘n “sucker” vir ‘n “sob-storie”! En hier is hulle: “Ons is nie almal so nie”—aangesien ek self nie só wil wees nie, “Vuil wasgoed”—het ons almal nie maar ‘n stink sokkie of twee nie, “Los my uit paloekas!”, “Ditsem Dawid” en “Kringe in ‘n bos”.

  20. Carmen says:

    Roald Dahl is en van die beste skrywers in Jeugletterkunde. Ek onthou nie een van sy boeke se name nie, maar dit het altyd ‘n goeie storie en daar is lewenslesse om daaruit te leer. Twee ander boeke is Artemisfowl en Agent Snoet, want ek hou van avontuur verhale. Artemisfowl help veral om verbeelding te skep. Diekie vannie Bo-Kaap en Mina Afrika vertel hul ervarings as tieners en is interresante boeke vir die gebruik as voorgeskrewe materiaal in skole.

  21. Romantikus says:

    Die feit dat ek ‘n romantikus is en nog altyd was, beïnvloed definitief my keuses. Daarom bevat meeste van my gunsteling boeke ‘n man wat die vrou wil verlei of andersom, maar ook familieverhoudings. Ek is mal oor intriges in verhoudings – goed of sleg. “Dis ek Anna” is defnitief bo aan die lys a.g.v bogenoemde redes. Dan volg daar natuurlik die “Twilight” boeke en die rede daarvoor is voor die hand liggend. “Vis in die punch”, “Kringe in ‘n bos” en “Diekie vannie Bo-kaap” het ek vroeg in my lewe gelees, maar dit het my fassinasie met verhoudings tussen mense geprikkel.

  22. Amori Stols says:

    Lord of the Rings het my aan die lees gekry. Daar was vir my ʼn verskuilde filosofiese boodskap oor die mensdom in die boek weggesteek. Anne of Green Gables het my aan myself laat dink. Ek kon myself vir ure vermaak en haar karakter aanneem. Toe word ek groot en lees Raka die Roman, dit het my ʼn satiriese en eerlike blik op die wêreld gegee. Twilight kon ek eenvoudig nie ophou lees nie. Ek kon dit nie vat dat ek nie weet hoe dit gaan eindig nie. Tans lees ek Harry Potter en ek is in verwondering en hoop dat ek eendag so iets kan skryf.

  23. Christelle Larke says:

    Ek was mal oor die boeke: “Dis ek Anna”, “Vaselinetjie”, “a Child called ‘it'” asook “Roepman” en “Daar’s Vis in die punch”. Hartseer verhale en ware lewensgebeurtenisse fassineer my. Dit motiveer my om geleenthede aan te gryp, juis omdat my omstandighede soveel beter as die karakters s’n is. Ek is ‘n dromer, so ek leef my maklik in die karakters se omstandighede in en skep soms my eie oplossings vir hulle probleme. Ek hou ook van ‘n gelukkige eindes, wat in al die bogenoemde boeke voorkom. In elkeen van bogenoemde boeke het ek geleer, dat mense meer kompleks is as wat ons dink en dat ons na die groter prentjie moet kyk, voordat ons ander oordeel.

  24. Liezl Fouche says:

    Ek is veral gefasineerd met Fantasie-reekse soos “Twilight”, “The Vampire Diaries”, “Goosebumps”, “Harry Potter” en “Narnia”. Hierdie boeke skep vir die leser ‘n ander wêreld waarin alles moontlik is, van vampiere tot magiese leeus.
    In die “Twilight” reeks het die skrywer dit reg gekry om my, as leser, in ‘n fantasie wêreld te neem en deel daarvan te laat voel.
    In “The Vampier Diaries” het van die karakters my aan myself en ander mense herhinner.
    Daar was baie “Goosebumps” boeke en elke boek het ‘n nuwe, grillerige, avontuur opgelewer.
    Die “Harry Potter” reeks is ‘n towerwêreld waar enige iets moontlik is.
    “Narnia” was my gunsteling jeugboek en sou ek wat gee om deel te wees van hierdie sprokieswêreld met hekse en pratende diere.

  25. Juffrou Norval says:

    Net soos Jane Eyre en Liewe Heksie was ek ook dol oor die Reënboogrant-reeks. Dit het temas aangepak wat algemene tiener dogters op ’n daaglikse basis in die gesig staar en so kon ek dus myself met die Brink susters vereenselwig. Ek stem ook ten volle saam met Carmen se mening dat Roald Dahl een van die beste Jeugletterkundiges is en dit was spesifiek Die Groot Sagmoedige Reus wat vir my as kind uitgestaan het.
    Verder vind ek ook aanklank by Christelle Larke en Willy* se kommentaar, omdat ek mettertyd al te meer belangstel het in boeke soos Dis ek Anna, Eenkant kind, Vaselinetjie, Breinbliksem, Tippex dit uit en a Child called ‘it’ wat oor aktuele en kontroversiele kwessies gehandel het.

  26. Hannelie Nel says:

    “Vaselinetjie”; “Thula-Thula”; “Harry Potter”; “Droomwa” en “Kringe in n bos”
    Die boeke soos “Vaselinetjie” en “Thula-Thula” het n baie groot invloed op my lewe gehad. Ek dink n teken van n geoie boek is juis die feit dat dit lank nadat jy dit klaar gelees het nog by jou spook. Hierdie karakters se lewens het my gehelp om te besef dat sulke gebeure in die werkilikheid ook plaasvind en dat dit nie blote fiksie is nie. Boeke soos, “Droomwa”; “Harry Potter” en “Kringe in n bos” is definitief n beter beok om te lees op n jonger ouderdom aangesien dit tiener hoofkarakters het en algemene tiener probleme aanspreek. My volwassenheid het bygedra tot die begrip van die ander twee boeke.

  27. AlexAander says:

    Ek moet bieg, ek was nie die grootste “jeugleser” op skool nie. Dit was egter op laat stadium wat Daleen Matthee ontdek het. Ek het “Fila se kind” gelees wat my ingesteldheid teenoor lees drasties verander het. Daarna wou ek niks anders as Daleen Matthee se werk lees nie. Hierdie soektog het my gelei tot “Kringe in ‘n Bos” wat ek terdeë geniet het. Die res van die jeugboeke wat ek gelees het, het ek almal eers na skool gelees. Dit het onder andere “Daar’s vis in die punch” ingesluit, wat teleurstellend was. Alhoewel ek kon sien hoekom dit opslae gemaak het, was dit oordrewe en ek bly ʼn realistiese leser. “Dis ek Anna” aan die ander kant het ek ongelooflik baie geniet.

  28. Marli says:

    My kindertyd was so lank gelede dat ek nie eintlik kan onthou wat ek gelees het nie. Ek onthou dat ek meestal gelees het wat my ouers gelees het, want ek wou ook “groot” wees. Van die boeke wat meer op die jeug gemik was was Die tweeling trek saam, die Saartjie en Trompie reeks. Toe het ek oorgeslaan na Elmar Steyn se boeke. Die Stories vir die vaak deur Linda Rode en Cora Coetzee was ook een van my gunstelinge om te lees net voor bedtyd.Maar my heel gunsteling is ‘n boek wat ek gekry het toe ek 5 was was- Dans, Tessa deur Ichikawa en Gauch. Dit gaan oor ballet en die een meisie se droom om balletklasse te neem. Ek was in vervoering. Vanaf Graad 2 het ek meestal engelse boeke gelees en toe was dit enige iets deur Ian Flemming en Clive Cussler.

  29. Natasha says:

    Ek het op die ouderdom van 8 jaar baie aktief begin lees, nadat my ouer broers my voorgestel het aan “Astrix en Obelix” deur René Goscinny. Aanvanklik was ek nie geïnteresseerd in die woorde nie aangesien dit engels was, maar die illustrasies het my geweldig gebind omdat dit so beskrywend en kleurvol was. Gou het ek besef dat boeke ontvlugting bied wat ek nog op geen ander manier kon vind nie. Ek het ‘n vroeë ouderdom die reekse “Trompie“, “Saartjie“, “Reënboogrant“, “Maasdorp“ en “Grillers“ kaf gedraf. Ek was gebind deur hierdie reekse omdat dit ek in my verbeelding die karakters geskep het en selfs speletjies gespeel het met die betrokke karakters in die boeke. Die karakters het altyd kanse gewaag wat ek nooit sou oorweeg het nie!
    (http://www.springbokboeke.co.za/html/saartjie_.html)
    (http://www.springbokboeke.co.za/html/trompie.html)
    (http://www.springbokboeke.co.za/html/reenboogrant.html

Leave a Reply

Your email address will not be published.