Fantasie

In voor-Christelike tye was mense al bewus van die bestaan van fantasie. En hulle was nie net intuïtief daarvan bewus nie – hulle het ‘n woord gehad om die verskynsel te beskryf. Die woord fantasie is afgelei van die Latynse phantasticus, en dit gaan selfs nog verder terug na ‘n Griekse woord wat beteken: “dit wat sigbaar gemaak word”.

Skeppers van groot klassieke fantasieë is Tolkien, Lewis, Alexander en Le Guin. Hoë fantasie word gekenmerk word deur volwassewording wat uitgebeeld word met “a seriousness of tone, importance of theme, characters of noble birth or lineage… emphasis on magic and mystery… and a generally clear presentation of good and evil, right and wrong”. Genres wat oorvleuel met fantasie, is Wetenskapfiksie, Grillers en Magiese Realisme.

Voorbeelde van Afrikaanse jeugletterkunde waarin eienskappe van fantasie (dikwels vermeng met sprokies) geïdentifiseer kan word, is die volgende (waarvan die meeste vertaalde werke is):

  1. Mieg se kort en lang middag (De Waal Venter)
  2. Die klein prinsie (Antoine de Saint-Exupéry)
  3. Die Harry Potter-reeks (JF Rowling)
  4. Die Groot Sagmoedige Reus (Roahl Dahl)
  5. Die wilde kind (Fransi Phillips)
  6. Die Narnia-reeks (CS Lewis)
  7. Artemis Fowl (Eoin Colfer)
  8. Anderkantland (Martie Preller)

Vir meer inligting, kan die aanvullende aantekeninge oor Tradisionele Literatuur (p.2-9) gelees word.

1 Response to Fantasie

  1. Lusanne says:

    Ek is gaande oor fantasie boeke. Ek het van kleins af baie gelees en het gevind dat hierdie tipe boeke ongelooflike geleetheid vir my verbeeldingswêreld gebied het.

Leave a Reply

Your email address will not be published.