Taalgebruik

Bespreek kortliks die taalgebruik in enige van die jeugboeke wat jy gelees het (in ‘n ander genre as die vorige opdragte) krities aan die hand van spesifieke voorbeelde – wat is dus die kommunikatiewe potensiaal van die teks.

Dit is belangrik dat jy elemente van kritiese taalbewustheid hier integreer.

Onthou dat Daar’s vis in die punch nie ‘n opsie is nie.

Beweeg aan na die laaste opdrag

47 Responses to Taalgebruik

  1. AfriDromer says:

    In “As die Fluitspeler kom ” word eenvoudige Afrikaans gebruik met kort sinne. Leerders moet oplet na die gebruik van humor en hoe om dit te laat deurskemer. Die gebruik van Ou Afrikaans is reeds vir leerders snaaks. Daar hoef nie altyd sleng of vloekwoorde te wees om tieners na ‘n boek te trek nie. Leerders moet die ware skryf van humor leer ken. Kyk byvoorbeeld na die volgende eenvoudige, maar subtiele humor:
    “Hulle baklei gedurig,” sê regter Pollie.
    “Soos…” sê regter Klaartjie
    Regter Wakker wys sy tande. “Soos wat?” grom hy.
    Regter Karel trek sy rug krom. “Soos wat?” blaas hy.
    “Aag, julle weet mos,” sê regter Klaartjie.
    “Soos kat en hond,” sê regter Pollie
    Dit lyk of regter Hond wil hap.
    Dit lyk of regter Kat gaan krap.
    Die beer klop met sy poot teen die bank voor hom.
    “Mense,” sê hy, “en diere. Hier is ’n skuldige voor julle wat gevonnis moet word.”
    (Grobbelaar, 1969: 24)

    Hier is ’n skakel na ‘n artikel oor “Humor in die algemeen en sy uiting in die
    Afrikaanse letterkunde” deur F.E.J. Malherbe. Dit gaan wel oor gedigte, maar die hoofaspekte word ook bespreek.
    http://www.dbnl.org/tekst/malh001humo01_01/malh001humo01_01.pdf

    • AfriDromer says:

      Die skrywer van “As die Fluitspeler kom” is Pieter W. Grobbelaar. Hy het verskeie ander humoristiese kinderboeke ook geskryf.

  2. Willy* says:

    Hierdie boek Tamara Eerste liefde, vorm deel van ‘n reeks boeke. Die kwessies van liefde, drome en begeertes word in hierdie boeke aangespreek. Op die manier wat net ‘n tiener dit goed kan doen. Dit is slang taal wat in hierdie boek gebruik word, maar bring nie heeltemal ‘n afstand tussen geslagte nie. Die taal wat in die boek gebruik word is kreatief en innoverend, maar konnotasies van die woorde kan maklik gemaak word, daarom kan verskillende geslagte dit baie maklik verstaan. Algemene woorde en uitdrukkings soos „attitude, die works, make-over en cool it“ is van die vele eksplisiete boodskappe wat in die teks deur middel die informele taal oorgedra word.

  3. Knersus says:

    In “Sterker as die Storm” word daar gefokus op kontroversiële temas. Die ruimte waarin die hoofkarakter haarself bevind, naamlik ’n plakkerskamp, skep geleentheid vir ’n interessante gesprek rondom taalgebruik in jeugliteratuur. Die leerders word met geweld, armoede en die gevreesde MIV/Vigs gekonfronteer. Die teks is deurspek met slengwoorde en “frases om sosiale identiteit en verbondenheid binne ’n groep te vestig” (Coetzee 245). Verder word taalvermenging in die teks, ten opsigte van Xhosa-woorde, gebruik om die konteks meer realisties te maak. Sekere lesers kan dus vervreem word van die teks, omdat daar Xhosa-woorde is, maar dit skep ’n ongelooflike realistiese leeservaring.

  4. louiseb says:

    Breinbliksem deur Fanie Viljoen

    Du Preez (2004) skryf in haar tesis (http://etd.uovs.ac.za/ETDdb//theses/available/etd-08222005-104754/unrestricted/DUPREEZPS.pdf) oor die “ontstuimige gevoelslewe” wat die tiener beleef en “waarin sy woordeskat dan ook noodgedwonge binne ’n beperkte tydperk geweldig uitbrei.” Dit is waarom tieners makliker gemotiveerd word om boeke te lees wat ooreenstem met hulle eie taalgebruik en dit ook kan uitbrei.

    Dit is waarom Maritha Snyman in haar resensie oor Breinbliksem argumenteer dat “die skokkende en ondermynende taalgebruik die geloofwaardigheid van die fiskionele wêreld wat die leser hier as’t ware (teen sy sin) insuig [versterk].”

    Die boek handel oor Burns en sy vriende wat na ‘n rockfees gaan en die taalgebruik is na my mening van pas om die atmosfeer wat in die boek voorgestel word, uit te druk:
    bv.
    ” ’n Paar spaced-out Gautengers sien apparently vanaand vir die eerste keer in hulle lewens die sterre.”
    “Barney Simon van 5FM Music is nou die presenter.”
    en
    “Toe 16 Stitch op die stage kom, begin ons verstaan waar die naam BreinBliksem vandaan kom. Dis Afrikaans vir headbang. Mosh. Donder jou kop. Spring. Raas. Fok rond. Crash and burn, baby. BreinBliksem!”

  5. Hannelie Nel says:

    “Hemelhel” – Martinus de Beer
    Die taalgebruik in hierdie roman is verfrissend en trots Afrikaans as ‘n mens in ag neem dat dit ‘n jeugverhaal is. Die spreker gebruik baie eg-Afrikaanse terme soos die feit dat hy na slaap verwys as “droomland”, dat hy van Saterdae praat as “luilekker”. Hy beskryf ook sy emosies as ‘n rivier wat oor hom spoel. Hierdie taalgebruik kan beskou word as kontrasterend, maar ek het dit glad nie so ervaar nie.

    Die bogenoemde verskynsels uit die roman wyk dus ‘n bietjie af van die algemene “sleng” van die jeug. Met die gevolg dat ‘n taalles geintegreer kan word met die teks.

    Die geloofwaardigheid van die verhaal kom egter effens in gedrang wanner daar na die volgende aanhaling gekyk word: “Alles rondom my lyk skielik helderder; daar is meer geure in die lug. Die voëltjies fluit soet liedere”, ‘n mens kan egter nou die vraag vrae, is dit hoe tieners die atmosfeer sal beskryf?

  6. Christelle Larke says:

    “Die speletjie” deur Francois Bloemhof

    Sprekers gebruik sekere woorde en frases om sosiale identiteit en verbondenheid binne ‘n groep te vestig:

    “Hoesit,” sê Wouter toe hy vir Koekoes voor die skool by die hek kry.

    “Nee, dis cool. Ek dink nie jy’s mal nie.”

    Deur bogenoemde word die woorde “Hoesit” en “cool” gebruik, om verbondenheid tussen die twee tiener karakters in die boek te vestig. Hierdie woorde is geslaagd binne hierdie groep. Deur die gebruik van sleng, word ‘n model vir tienertaal daar gestel. Daar is nie ‘n enkele definisie van sleng nie, maar laasgenoemde word veral definieër deur uiteenlopende karaktereienskappe uit te lig.

    “Okay,ons los dit.”

    “Dis nie ‘n lekker ding om op jou PC te hê nie”

    “My ma sukkel nooit met my rekenaar nie. Sy’s stupid met die goed, sy weet nie eens hoe om dit aan te sit nie.”

    “Dit lyk na ‘n nice speletjie,” sê Koekoes terwyl Wouter die program oopmaak.

    “Ek guy net met jou, man.”

    “Okay. Jy sê jy kan dit glad nie delete nie?”

    Sleng kan tweedens ook varieër van “casual” tot vulgêr, waar ‘n duidelike onderskeid dikwels nie getref kan word nie, aangesien dit om houding gaan. In bogenoemde aanhalings is dit duidelik dat die gebruik van sleng veral vir “casual” doeleindes gebruik word. Dit skep ‘n gemaklike atmosfeer tussen die twee tiener karakters deur woorde soos “guy” en “cool te gebruik.

    Deur die gebruik van sleng word daar ‘n gemaklike atmosfeer geskep, waar karakters op ‘n vlak kommunikeer wat vir hulle gemaklik is. Deur die gebruik van sleng poog die skrywer ook om ‘n sekere teikengroep te lok, bv tieners, deur die gebruik van bekende woorde en manier van kommunikeer, waarmee verskillende tieners kan vereenselwig.

  7. KênsTillie Moolman says:

    Reza de Wet stel nooit teleur met die die gotiese en effens absurde beelde in haar tekste nie. Die taalgebruik wat na vore kom in haar roman, “Stil Mathilda” weerspieël deurgaans haar handeling met die estetiese aspekte van die taal. Sy maak nie gebruik van sleng nie en tog sal baie tieners aanklank vind by hierdie roman.

    “as die son opkom, sal die toppe van die bloekombome skitter soos vlugtige wasem, en wanneer `n enkele sonstraal die kerkklok laat vlamvat, sal die hoë toring brand soos `n kers.” (7)

    Mathilda dink aan haar ma wat saam met die sweefkunstenaar van die sirkus weggeloop het; “Snags sweef hulle oor die dorp, gaan staan eers op die kerktoring, maak dan `n paar groot sirkels om die huis en land saggies in die agterplaas.” (59)

    Dit is interessant dat Mathilda slegs drie woorde sê in die roman en dit lyk nie asof die ander karakters agterkom dat sy nie praat nie. Leerders kan die teks krities interpreteer om vas te stel wat die rede hiervoor is en hoe dit die taalgebruik in die roman affekteer aangesien Mathilda die enigste tiener in die verhaal is wat `n groot rol speel.

  8. Carmen says:

    Artemis Fowl deur Eoin Colfer – vertaal deur Janie Oosthuysen
    Die boek is gegrond op Wetenskapfiksie met elemente van fantasie, avontuur en humor. Dit is baie anders as ander verhale in terme van die boek se woordeskat. ‘n Rede hiervoor is dalk omdat die boek vertaal word uit Engels en die woorde wat hier voorkom is baie uniek aan die verhaal.

    Met die vertaling na Afrikaans het die skrywer die jargon asook die betekenis van woorde probeeer behou. Dit moes duidelik ‘n moeilike taak vir Janie Oostehuysen wees, want die boek se Afrikaanse woordeskat word nie algemeen in die alledaagse taal gebruik nie. Dus, alhoewel die jargon en betekenis van woorde behou word, verloor dit by tye sy unieke eienskap in die geval waar die humor nie so eenvoudig voorkom nie.

  9. Juffrou Norval says:

    “Voilá,” se hy en rangskik sy hand sierlik op sy bors. “The real me.”
    “Mal oor jou broek, poplap,” se Margot en vat bewonderend aan die gladde materiaal.
    “Ek ook,” se hy en draai opgewonde na my. “Jou verjaardagpresent, Hanna. Dit was saam met verskeie ander fabulous artikels in my tas toegesluit”
    My moed sak tot in my vuil tekkies toe hy ’n pers plastieksakkie aan my oorhandig.
    (2008: 120, 121)
    Uit hierdie enkele uittreksel uit die jeugverhaal “Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom” word dit duidelik dat Marita van der Vyver op ’n uiters opvallende wyse van taal gebruik maak om die jeugdige leser by die verhaal te betrek. In Marais en Coetzee se navorsing oor Tienerafrikaans noem hulle spesifiek die volgende: “Sleng bepaal die stilistiese vlak, dit beklemtoon skok, gee ‘n ontspanne atmosfeer, laat iemand plat op die aarde klink. Dit laat iemand met taal speel en daardeur die situasie hanteer” (247). Die taalgebruik in die teks dra by tot die skepping van ʼn interessante styl wat gelyktydig vir die tiener toegangklik asook stimulerend sal wees. Die teks word ryklik verweef met beskrywende woorde, skerp spreuke, beeldspraak asook idiomatiese uitdrukkings wat opsigself bydrae tot die humor van die teks. Verder gaan die skrywer ook op ’n gepaste en sinvolle wyse met die vermenging van Afrikaanse, Engels en selfs Frans te werk. Dit dra ten einde by tot die totstandkoming van ʼn uiters stimulerende taalteks wat geslaag is in sy poging om tot tieners te spreek.

  10. Esté Theron says:

    In Francois Bloemhof se roman “Nie vir Kinders Nie” word die taalgebruik effektief geïntegreer in die teks. Aanvanklik gebruik die hoofkarakter, Tim, standaard Afrikaans (redelik formeel) wanneer hy met sy vriend wanneer hy met enigiemand kommunikeer.
    “Ten minste weet jy ek sal altyd met jou maats bly. Want ek sal altyd maer lyk langs jou. Maats bly…Jy kan so mooi jou woordjies weeg. Ons is buddies, man. Hang togethers. Gabbas. Pêlle. Get it?” (2005:10).
    Later verander sy taalgebruik. Dit gaan van oorspronklike tiener Afrikaans na vulgêre taalgebruik.
    “Partykeer is ’n vrou embarrassed as mense aanneem ek is haar seun, maar vir party gee dit ’n kick” (2005:85).
    (Ek het nie ’n voorbeeld van die vulgêre taalgebruik ingesluit nie)
    Hier kan ’n mens die groei van die karakter sien. Hoe hy gegaan het van onderhoofseun na ’n dwelmslaaf en hoe sy taalgebruik aanpas by sy situasie. Die potensiaal van die teks is dat ’n mens kan agterkom dat daar in elke konteks van ’n ander register gebruik gemaak word.

  11. Marli says:

    In “kringe in die bos” van Dalene Matthee is daar ‘n baie spesifieke taalgebruik. Dit is nie die tipiese Afrikaans wat gepraat word nie, maar ook nie tienertaal nie. Dit is die taal wat gepraat word deur die boskappers en gouddelwers. Die eenvoudige man se taal. Tog verstaan alle lesers dit en maak dit die situasie soveel meer outentiek en realisties.Bv:

    “Nee. net van die spaaier wat vir Harrison op die waens spaai”

    “Saul sal kap! Hy sal valkant kap en oom Anneris agter”

  12. blommekind says:

    Taalgebruik, spesifiek sleng, is `n sensitiewe onderwerp omdat jy aan die een kant leerders wil help om suiwer Afrikaans aan te leer, maar aan die ander kant hulle nie wil vervreem deur elitistiese skryfstyle nie. Verder gee die gebruik van sleng “’n ontspanne atmosfeer, laat iemand plat op die aarde klink” (Marais & Coetzee, 2005:247), wat leerders aanmoedig om met die karakters te identifiseer – iets wat belangrik is as jy die boek wil gebruik om leerders atent te maak op die hantering van spesifieke moeilike tema’s. Skilpoppe, hoewel dit baie sleng gebruik, kom natuurlik oor, veral aangesien dit op `n baie selfbewuste wyse geskied: “Ek moes ‘svelte’ in die woordeboek naslaan. ‘Lenig, soepel, lank’…” (Hough, 1998:6) en “Dis cool. Dit laat my fragile voel. Ekskuus, Ma. Broos” (Hough, 1998:75). Om tieners aan te moedig om op `n meer taalbewuste manier sleng te gebruik, skep jy die ruimte vir die leerders om meer korrekte taal te gebruik wanneer hulle meer gevorderde lewenstadia bereik waar taalgebruik nie meer jou posisie tussen jou portuur bepaal nie.

    • Elana says:

      jy noem enkele belangrike punte as dit kom by sleng, maar ek voel egter wat ons ook moet besef is as ons te veel gebruik maak van sleng in boeke dit ook vir leerders te geforseer kan voorkom en hulle in elk geval afsit van ‘n boek, maar goeie argument ek stem saam met jou.

  13. Calamity Jane says:

    In “Diekie van die bo Kaap” word daar nie van Standaard Afrikaans gebruik gemaak nie. Dit speel af in die Wes Kaap, die karakters praat Kaapse Afrikaans gemeng met Arabiese woorde. Die taalgebruik dra grootliks by tot die sukses van die boek en laat so die leser deel word van die leefwêreld van die karakters. Die boek maak voorsiening vir diegene wat nie vertroud is met die streekstaal nie, daar is ‘n lys verklarings agter in die boek.

    • Liewe Heksie says:

      Ek stem heelhartig saam met jou kommentaar. Self sou ek nie die Arabiese woorde se betekenis kon verstaan sonder die woordelys agterin nie… Die boek is ‘n uitstekende manier om leerders wat nie bekend is met die kultuur van die mense in die Bo-Kaap nie bloot te stel en te leer van byvoorbeeld die reis na die Makka.

      • Mel says:

        Dit is ook waardevol vir ‘n onderwyser wat sy leerders wil voorstel aan ‘n dialek van Afrikaans, omdat die Kaaps wat in die roman gebruik is eersdaans van ‘n spreker van Kaaps kom, Zulfah, wat in die Bo-Kaap groot geword het. Die boek kan byvoorbeeld gebruik word vir ‘n taalles waarin die leerders die Kaapse dialek moet oorskryf in standaard afrikaans. Die leerders kan ook gaan navorsing doen oor die woordeskat, sinskonstruksie en taalgebruik. Mens kan baie waardevolle taallesse uit hierdie roman put.

  14. Natasha says:

    Selfs aan die titel: “Alicia en die Zitzappers”, kan ’n mens dat hierdie verhaal in tienertaal geskryf is, dus bevat hierdie verhaal wat in die humor genre val, sleng.
    Aan die hand van die volgende voorbeelde kan mens agterkom dat hierdie verhaal ‘n grootskaalse vermenging van Engels en Afrikaans bevat. Steeds sou ek nie sê dat dit oorweldigend is en dus leeshindernisse veroorsaak nie. Dis deesdae die gemeensame taal van tieners.

    “Alicia haal haar pacer uit die space case….”
    “ ‘Hmm, dit lyk nie of die cover stick meer help nie.’ ”
    “ ‘Maar maybe moet ek bly. Zit lyk erg.’ ”
    “ ‘Moenie worry. Games plek is mos donker.’ ”

    • Jane Eyre says:

      Ek stem met jou as jy se dat die vermenging van Engels en Afrikaans die “gemeensame” taal is van tieners, maar dink jy dit is goed as boeke ook so geskryf word? Waar moet die lyn getrek word? Bevorder dit nie juis die tipe van taalgebruik nie? Ek sou graag weet wat jy daarvan dink?

      • KênsTillie Moolman says:

        Ek het nog nie `n boek gelees wat in tienertaal geskryf is wat vir my regtig geloofwaardig is nie. Ja, tieners praat so, maar dit is meeste van die tyd effens oordrewe. Ek dink dit moet gebruik en verken word in jeugliteratuur – die taal groei en ontwikkel deurentyd – maar dit moet nie gedoen word bloot om `n punt te bewys nie.

  15. Ilze says:

    Die boek “Seppiesterre, sokkies en skobbejakke” deur Nerine Ahlers en Alet Steenkamp handel oor talle tiener kwessies soos die liefde; teleurstellings, afgunstigheid asook ‘n titseltjie spanning, soos wat dit deur ‘n groepie Graad 9 koshuis meisies ervaar word. Dus, is dit gepas dat die taalgebruik in hierdie boek ook die gepaste woorde bevat om hierdie ervaringe oor te dra. Die boek word hoofsaaklik in gewone Afrikaans geskryf so die ouer geslag sal dit maklik kan verstaan maar daar word ook soms van sleng woorde gebruik gemaak en dit maak dit meer realisties en betreklik vir die tiener leser. Die feit dat die sleng nie in oormaat gebruik word nie voorkom dat die tiener leser voel asof daar te hard probeer is om hulle te betrek. Die doel van hierdie jeugtekste is hoofsaaklik om die tiener aan te moedig om te lees so die gebruik van sleng wat nie in oormaat gebruik word nie, sal definitief dit aanhelp.

    Lees meer oor die skrywers asook waar hulle hul inspirasie vir die boeke kry:
    http://www.storiewerf.co.za/onderhoude/oh_nerinealet.htm

  16. Liezl Fouche says:

    “Kringe in ‘n Bos”, deur Dalene Matthee, is ‘n ekologiese roman met verskeie kontroversiële temas. In die roman word die taalgebruik effektief geïntegreer in die teks. Daar is ‘n baie spesifieke taalgebruik naamlik die van die boswerkers en die minderbevoorregtes; die ongeletterdes. Alle lesers sal die boek ten volle kan verstaan en ten volle geniet, want dit is ‘n briljante roman.

    Hier volg ‘n paar uittreksels uit die roman:
    “’n Paar keer deur die dag wou hy omdraai en terug gaan, maar elke keer het Freek Terblans se gesig hom laat voortsoek na ‘n teken van Oupoot. Nie dat die ou ivoordief ‘n oulap se omgee of steur werd sou wees as hy hom in die Bos moes raakloop nie; dis die geweer wat Freek draw at hom met al groter onrus laat voortsoek…”

    “Nee. net van die spaaier wat vir Harrison op die waens spaai”
    “Saul sal kap! Hy sal valkant kap en oom Anneris agter”

  17. Liewe Heksie says:

    Ek stem saam met Calamity Jane dat die taalgebruik in “Diekie van die Bo-Kaap ’n groot bydrae lewer tot die sukses van die boek. Die taalgebruik is nie tiener sleng nie; maar eerder Kaapse Afrikaans met Arabiese woorde en Engelse woorde daarby.

    Die boek tesame met die taalgebruik sal leerders blootstel aan die kultuur van die mense in die Bo-Kaap. In die verhaal word die storie van ’n gemeenskap se lief en leed vertel – oemie se terugkoms van die heilige reis na die Makka en haar dood waarna die hele gemeenskap Diekie se gesin ondersteun; Diekie en Ice se liefdesverhaal te midde van hul onderskeie gesinne se probleme en uiteindelik iets wat die hele gemeenskap se fondamente ruk Hier volg ’n aanhaling uit die boek waar Diekie vir sy ma van sy swak rapport vertel en die taalgebruik in die boek demonstreer:

    “Diekie, moetie in my potte krappie, kanalla. Hoeko’ soek djy nou wee’ vi’ my? Is sieke’ wee’ gel’, nè? Daais al wat julle kinne’s vandag wiet. Julle ken net vi’ ons as julle gel’ soek. En waa’s jou rappôt, mannetjie? …. “Bad news, Mams. The Don hettit’ie gemaak’ie.”

  18. Liewe Heksie says:

    Besoek gerus http://www.samedia.uovs.ac.za.ez.sun.ac.za/cgi-bin/getpdf?year=1992&refno=1552&topic=4 om meer uit te vind oor die sukses en redes vir die taalgebruik in die musiekblyspel waarop die boek gebaseer is.

  19. Jane Eyre says:

    Taalgebruik in “’n Ander Ek” van EKM Dido is juis van belange omdat dit so baie van die karakters se, veral met die dat die boek handel oor identiteit en die merkers daarvan, in hierdie sin word taal as ‘n merker gebruik. Die hoofkarakter wat verlore is op die Kaap Vlakte waar daar Kaapse Afrikaans gepraat word, bevind haarself verlore juis oor haar gebruik van Standaard Afrikaans.Die gebruik van taal is baie geloofwaardig, soos die bergies wat ’n erge variant van Kaapse Afrikaans praat, een van die bergies is geleerd so by tye praat hy Standaard Afrikaans. Taal word baie effektief in die boek gebruik.

    • KênsTillie Moolman says:

      Ek stem ten volle saam, die taalgebruik in “`n Ander Ek” het die betekenis van die roman vir my oopgesluit.

      • Dawie se kabouter ;) says:

        Ek moet se ek stem ook tenvolle saam oor die taalgebruik in “‘n Ander Ek”. Ek het nog nooit van te vore gesien dat taalgebruik so ‘n groot en ongelooflike rol in ‘n verhaal speel nie. Dit was vir my indrukwekkend hoe die skrywer taalgebruik in die teks geinkorporeer het.

  20. Lauri says:

    Wynand Louw se “Mnr. Humperdinck se wonderlike watsenaam”- Fantasie
    “Die baas het vier miljoen blare gemaak met vandag se joppie. Peanuts. Hy maak meer geld as hy op ‘n Saterdagmiddag in sy neus krap. Nou hoekom, Beesblaas, vra ek myself, doen hy al die moeite? Daai vrotgevreet pratende rotte kos hom meer as dit! Hy moes ‘n hele verdekselse suikerrietplaas op Mauritius koop om hulle te kry. Dus dink ek dis ‘n toetslopie, sien of dinge werk. Hy’t die een of ander groot scheme in sy kop…”
    Hierdie roman maak ruim gebruik van humoristiese taalgebruik. Humor bevorder kreatiwiteit by die leser en bied die geleentheid om die werklikheid kreatiewer en weerbaarder tegemoet te gaan. So word die harde werklikheid van temas soos alkoholisme, moord en portuurgroep-verhoudings deur die gebruik van humoristiese taalgebruik versag.
    Verder gebruik die boek skeppende woorde en kreatiewe name vir die karakters, byvoorbeeld, Beesblaas en Rommel, om die leser se verbeelding verder te stimuleer. Sleng kom ook soms voor maar in ‘n mindere mate. Tieners kan dus met die karakters identifiseer, maar die fokus is steeds op die skeppende, kreatiewe en humoristiese gebruik van taal.
    Lees gerus meer oor die gebruik van humor in fantasie verhale: http://www.dbnl.org/tekst/malh001humo01_01/malh001humo01_01.pdf

  21. AlexAnder says:

    Alhoewel E.K.M Dido se “n Ander Ek” nie deur baie as ‘n jeugboek beskou word nie, glo ek dat hierdie boek definitief sterk oorweeg kan word as ‘n voorgeskrewe boek vir ons meer senior leerders. Die boek skep geleenthede vir ‘n verskeidenheid onderrigmetodes. Dit is egter die boek se taalgebruik wat my aangespreek het, waar die hoofkarakter vir ‘n groot deel van die boek tussen die sogenaamde “bergies” lewe en die skrywer op ‘n uitstekende manier deur ‘n spesifieke dialek ‘n realistiese beeld skep van die lewe van ‘n boemelaar wat ons nie elke dag raak sien of wil raak sien nie.
    Hierdie boek is ‘n uitstekende demostrasie hoe taalgebruik gebruik kan word om ‘n prentjie te skep wat woorde soms nie regkry nie.

  22. mangO*** says:

    “Diekie vannie Bo-Kaap” deur Zulfah Otto-Salies is nie net die storie van Diekie en Ice nie,dis ook die storie van almal wat in die Bo-Kaap bly.As jy die boek lees,is net net so goed jy sit in ‘n Bo-Kaapse huis en luister na die kleurryke taak met die raak segoed,terwyl die geur van vars koesisters,samoosas,kerrie en daltjies om jo hang.

    Hierdie verhaal speel af in ‘n slamse buurt, soos dit bekend staan en is eintlik ook die storie van ‘n ander klomp mense van die Bo-Kaap: Rocky en Miles sin,en al die ander ouens van die Charmers.

    Woorde soos “Makka”, “djy”, “salaam”, “tanie”, “koebus”, ghazie en “shoekran” verleen kleur aan die Afrikaanse taal. Hierdie woorde is net so kleurvol soos die uitrustings wat deur die sprekers (muslims) gedra word. Die taalgebruik is “los” gee soveel lewe aan die storie. Die woorde en uitdrukkings laat lesers gesigte in hul gedagtes vorm en dwing hulle om te lees.

  23. Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) says:

    “Dis ‘n welbekende feit dat tieners of adolessente ‘n taalvorm gebruik wat afstand tussen hulle en die vorige geslag bring” (Coetzee & Marais, 2005: 244).

    Derick Muller se Vuil Skottelgoed wat in 2007 te voorskyn gekom het, voorsien sy leser van ‘n deursnit hedendaagse Tienertaal in die breë en Tienerafrikaans in die besonder. Hierdie vorm van taalgebruik sluit onder meer Engels-Afrikaans sowel as slang-woorde in, byvoorbeeld:

    “Dude, is jy seker jy wil nie liewer eers met jou ma-hulle chat nie?” (Muller, 2007: 10).

    Die taalgebruik wat die karakters in hierdie roman besig pas dus die genre, naamlik: ‘n Jeugverhaal, soos ‘n handskoen aangesien die jeug (let wel: vandag se jeug) hulself met dié kommunikasiemiddel kan vereenselwig. Hulle word dus nie so maklik van taboe-onderwerpe soos puberteit vervreem nie.

  24. Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

    `ʼn Ideale voorbeeld van gepaste taalgebruik kan gevind word in Cor Dirks se reekse. Die uile is een van my persoonlike gunstelinge en te danke aan hierdie boeke het ek begin lees.
    As jy egter een van hierdie boeke vandag optel en die vergelyk met verhale soos “Breinbliksem” en kie, sal daar geen ooreenkoms in taalgebruik tussa die twee gevind kan word nie. Die Uile verhale is geskryf tydens die opkoms van Afrikaner nasionalisme en die taalgebruik daarbinne weerspieël dit ook. Dit is standaard Afrikaans soos dit kan kom met af-en-toe puristiese Afrikaanse slêng wat in die mengsel gegooi word.

  25. Darkangel says:

    In “Skooldae” deur Franz Marx is die taalgebruik Standaard Afrikaans. Dit is maklik om te lees al is dit is maklik vir die jeug om dit lees omdat dit in hoogdrawende Afrikaans geskryf is nie. Die boek is alreeds in die tagtiger jare geskryf, maar vandag is jeug kan vereenselwig met die boek en steeds die kontekste en die taalgebruik in die boek verstaan.

  26. die B-MANN says:

    “Raka – die roman”, deur Koos Kombuis, is van die een-en-twintigste eeu se mees kontroversiële boeke nog geskryf. Dit handel oor sake wat baie min mense in die verlede in die openbaar bespreek het. Kombuis pak die bul by die horings aan en bespiegel alleraande kwessie soos die rol van die kerk, ouergesag en seksualiteit. Die boek is ook geskryf soos wat baie voorstedelike tieners praat – definitief nie Standaardafrikaans nie. Wat heel interessant voorkom is dat alhoewel Kombuis nie Standaardafrikaans gebruik nie, is dat sy beskrywendetaalgebruik regstreeks puik bly. Daar kom verskiklik baie Engelsewoorde, Anglisismes en vloekwoorde voor (en maak die roman dus meer gewild onder tieners), wat heelwat akademici se koppe laat draai. Dit verg van ons, die leser, om die vraag te vra: hoekom het die skrywer hierdie soort taalgebruik gebruik. My eenvoudige antwoord: Om uitloklik te wees en dus mense aan die ware kwessies bloot te stel.

  27. die B-MANN says:

    Kliek hierdie skakel om my “oortuiging” te lees aan tieners te lees!

    http://blogs.sun.ac.za/boekwurm/tieners/

    Kyk onder “die B-MANN” se bydrae

  28. Pieter Kristian Bezuidenhout says:

    In “Langebaan/Parys – Retoer” van Marzanne Leroux tref mens baie suiwer Afrikaans aan. Hierby kan die tipe Afrikaans in terme van vandag se standaarde as baie formeel beskryf word. Die teks bevat byvoorbeeld geen Engelse woorde nie. “Die vlokkies sweef veerlig aarde toe.”, “Hulle moes met ʼn nou ysterspiraaltrappie in die skemerte op boontoe.” Sommige leerders sal hierdie tipe taalgebruik snaaks vind in vergelyking met die “SMS”-taal waaraan hulle gewoond is, tog skep die taalgebruik die geleentheid om in gesprek te tree met betrekking tot die ontwikkeling van Afrikaans en waarom sekere woorde en uitdrukkings verlore gaan. Die taalgebruik sou ook byvoorbeeld geassesseer kon word in terme van die trefkrag wat dit het vir die hedendaagse tiener teenoor die tiener wat dit in 1986 gelees het. Die verhaal is baie dramaties, leerders van vandag mag dit dalk vervelig vind weens die taalgebruik. Sou hulle gesê het: “Ek is jammer ek het ʼn aap gemaak van myself, Hanno.” Of eerder: “Sorry Hanno, ek was ʼn idiot”?. Die kommunikatiewe potensiaal van die teks is met ander woorde omvangryk, spesifiek met betrekking tot die manier hoe kinders praat, en hoe hierdie hierdie aspek ontwikkel/verander oor jare.

  29. Romantikus says:

    “Toorbos” deur Dalene Matthee kan gedefinieer word as ‘n ekologiese boek. Die taalgebruik in die boek verskil redelik van alledaagse tiener sleng. Daar word redelik kombuis Afrikaans (as mens dit nog so kan noem) gebruik. Maar daar word ook kras woorde gebruik wat deesdae baie in die mensdom se woordeskat voorkom.
    “Die houtkappers het nie sêplek nie.”
    “Ek weet.”
    “Jissus, oom!”
    “Dis nie nodig om so te vloek nie, Karoliena.”
    Daar is ook ‘n groot verskil in die manier hoe die verskillende karakters praat a.g.v. hul agtergrond.
    Die boek is ‘n lekker en ontspannende, maar tog opwindende boek om lees.

  30. Amori says:

    “Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom” deur Marita van den Vyfer.

    Die taalgebruik van die boek is in informeel en dit is in tiener Afrikaans geskryf. Daar is heelwat sleg woorde wat kreatief en innoverend is soos wanneer die woord “drip” (bl. 29) wat gebruik word om iemand se karakter te beskryf. In die boek word “nevermind” (bl.51) gebruik om die modegier aan te dui onder Afrikaans sprekende tieners wat soos Amerikaanse tieners wat hulle op Tv sien, wil wees. Die woord “shame” gee ‘n spesifieke karaktereienskap aan die spreker, dit beklemtoon dat hulle is plat op die aarde. Die sleng wat in die boek gebruik word, maak die karakters meer geloofwaardig.

  31. Dawie se kabouter ;) says:

    “Breinbliksem” – Fanie Viljoen

    Taalgebruik kan ‘n ongelooflike uitwerking he op die geslaagdheid van ‘n verhaal aangesien dit die geloofwaardigheid en impak wat ‘n teks maak, kan beinvloed. Die taalgebruik van enige teks moet aangepas word volgens die teikengehoor. Die jeug het hul eie taalgebruik en daarom verhoog dit ‘n jeugverhaal se aantal lesers wanneer hierdie verhale se taalgebruik van pas is op die jeug en die taal wat hulle gebruik.

    Fanie Viljoen se “Breinbliksem” is ‘n baie goeie voorbeeld hiervan aangesien die hoofkarakter, Burns, en sy vriende se taalgebruik grootliks die taalgebruik van tieners is en ook omdat dit by die situasies waarin hulle hulself vind, pas. Die taalgebruik dra ook by tot die karakterisering van hierdie karakters.

  32. Timara Wyngaard says:

    “Dis ek, Anna” deur Elbie Lötter (skuilnaam)

    Die skrywer vertel op ‘n eenvoudig leesbare wyse die verhaal van ‘n jong meisie wat deur haar stiefpa gemolesteer word. Op ‘n maklik, dog aangrypende manier word hierdie kontroversiële kwessie aangespreek sodat die leser ‘n diepe begrip ontwikkel vir die leiding waardeur Stom Anna, soos sy haarself doop, gaan. In hierdie naam is alles wat sy beleef opgesluit; die dinge wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het, en hoe sy nie vir haar ma, beste vriendin of eie pa kon vertel nie. Jare later pen sy die gebeure neer wat haar diepste menswees aangetas het en hoe sy uiteindelik anderkant uitgekom het. Gebaseer op ‘n ware verhaal, spreek hierdie boek op emosionele wyse tot die leser.

    Nie net sal hierdie boek leerder sensitief maak vir verskeie sosiale en emosionele kwessie nie, maar ook vir hulle verskeie lewenslesse leer. Dit alles in eenvoudige, maar steeds kragtige taal.

  33. Lusanne says:

    Diekie vannie Bo-Kaap deur Zulfah Otto-Sallies. Die skryfster vertel die verhaal van Ice en Diekie in “hulle” taal, die Bo-Kaapse Afrikaans. “Vestaan djy?”

    “Diekie” is die eerste Bo-Kaapse jeugroman in Afrikaans, gebaseer op die hoogs suksesvolle musiekblyspel met dieselfde naam. Ice en Diekie glo, soos Romeo and Juliet, dat daar nog nooit ‘n liefde soos hulle s’n was nie. Tot die nag waarin ‘n loeiende polisie-sirene en skote ‘n keurpunt in hul lewens bring.

    Bo-Kaapse Afrikaans is wyse waarop die Kaapse Maleiers praat. Dit is ‘n streektaal, ‘n omgangstaal. Hierdie tipe Afrikaans is al jare oud en kom van die slawe dae aan. Dit is ‘n verbuiging van woorde, asook die weglaat van sekere letters in ‘n woord wat dit ‘n ander klank gee. Hierdie taal is uniek aan die Bo-Kaap en uniek aan Kaapstad. Bv.
    “Moetie guy maak’ie, Tiefa, is serious…”, “Kwaat? Kwaat issie’rie woort’ie.” Die woorde word letterlik uitgespreek soos dit hier staan. Dit is ‘n ongelooflike kleurvolle, tog uitdagende taalgebruik om te verstaan en ek glo tieners sal hierdie skryfstyl en taalgebruik baie geniet.

    “Diekie vannie Bo-Kaap” is ‘n verfrissende, eg Afrikaanse roman wat enige persoon tot ‘n lawwe grinnik sal bring.

  34. mang0*** says:

    “Diekie vannie Bo-Kaap” deur Zulfah Otto-Salies is nie net die storie van Diekie en Ice nie, dis ook die storie van almal wat in die Bo-Kaap bly. As jy die boek lees, is dit net so goed jy sit in ‘n Bo-Kaapse huis en luister na die kleurryke taal met die raak sêgoed, terwyl die geur van vars koesiesters, samoosas, kerrie en daltjies om jou hang.

    Hierdie verhaal speel af in ’n “Slamse buurt”, soos dit bekend staan. Ice en Diekie se storie is eintlik ook die storien van ‘n ander klomp mense van die Bo-Kaap: Rocky en Miles en al die ander ouens van die Charmers

    Woorde soos “Makka”, “djy”, “salaam”, “tanie”, “koebus”, “ghaazie” en “shoekran” verleen kleur aan Afrikaans. Hierdie woorde is net so kleurryk soos die untrustings wat deur die sprekers (muslims) gedra word. Die taalgebruik gee die storie soveel lewe en laat die lesers gesigte in hul gedagtes vorm. Die woorde en uitdrukkings wat in hierdie boek gebruik word dwing tieners om verder te lees omdat hulle self so praat en omdat dit ’lekker’ is om dit te lees.

  35. Hanneke says:

    “RAKA die Roman” – Koos Kombuis

    Taalgebruik is iets waarmee mense identifiseer. Dit kan jou gemaklik of ongemaklik laat voel. Baie jeugliteratuur gebruik informele, sleg taal en ook Engelse woorde om lesers na die boek te lok. Hierdie is `n effektiewe manier aangesien lesers voel die karakters spreek na hulle en hulle hoef nie alleenlik in Standaard Afrikaans – wat baie sien as outyds – te lees nie. In hierdie boek word taal ook so gebruik. Taalgebruik soos “not a dêm”, “daar is woeste CD’s in sy CD-rakkie (hoewel hy lankal sy gunstelinge oorgecopy het op sy iPod)”, “favourite song” voor. Daar is ook baie vloekwoorde in wat veral jong lesers se aandag trek.

    Die taal wat egter gebruik word om die storie te vertel is goeie, beskrywende Afrikaans, soos byvoorbeeld: “Onder die generiese wilgerboom in die middel van die grasperk: `n string miere soos `n lang, donker vinger op en af beweeg teen die stam van die boom en al met die rand van die halfgesonke baksteenrandjie langs na die grens van die grasperk.” Die boek bestaan dus nie slegs uit informele taalgebruik nie en kan verrykend wees.

    Baie leerders voel gemakliker om boeke te lees waar hulle voel die karatkers is geloofwaardig en waarmee hulle kan identifiseer. Hierdie boek slaag daarin om humoristiese taal te gebruik wat ook tot die jeug spreek.

  36. Elana says:

    BreinBliksem deur Fanie Viljoen
    Tieners het hulle eie dialek wat van generasie tot generasie verander word om afstand te maak tussen oud en jonk. Afrikaans het begin in die hoogste vorm en geleidelik begin afneem tot waar ons vandag met slang Afrikaans te doen kry. Engelse woorde word ingelas, halwe woorde word gebruik en ook enige woord wat ‘n tiener kan opmaak en gepas kan gebruik om ‘n betekenis te hê wat hulle kies, om dan nie eers te praat van sms taal nie.
    In die boek breinbliksem vind mens niks anders as die dialek wat deur jeug gebruik word vandag nie. Sms blokke word ingesit op verskeie bladsye(14,39…) en die dialek maak gebruik van sleng sowel as krastaal soos wat meeste van die jeug vandag doen.
    ‘n Voorbeeld van die taalgebruik kan op bladsy 19 duidelik gevind word:
    “Ek het dié tipe goed al duisend keer gedoen, bru, don’t worry”
    Maar somehow is ek geworried. Wat as dinge verkeerd loop?
    Sky Eyes kom terug met sy bier.
    Hei,fok, waar’s ons s’n?
    Skokend of nie, dit is die taal van jeug. Die gebruik daarvan in boeke mag dalk al trefkrag wees wat ons oor het om hulle uit te lok om tegnologie eenkant toe te skyf en ‘n boek weer nader te gryp.

  37. slagaar says:

    Gaan kyk gerus hoe taal gebruik word in die Klits Kronkel-boeke. Vreemde Afrikaanse woorde word ingespan vir fantasiekarakters se name, soos Horrelpyp, Pekel, Nerf, Troebel, Raaf, ens.

  38. Vickey says:

    “Diekie vannie Bo – Kaap” deur Zulfah Otto-Sallies.
    Hierdie is ʼn treffende verhaal wat handel oor die romanse tussen “Ice en Diekie” die veraal word vertel in hul streekstaal naamlik Kaapse Maleis. Die verhaal neem jou op ʼn reis deur die Bo-Kaapse kultuur van die geur van vars koesiesters, samoosas, kerrie en daltjies. Jy beleef die kleurryke kultuur en gewoontes van hierdie mense.
    Die taalgebruik in die boek skep ʼn komiese effek in die verhaal. Eg Kaapse Maleis woorde soos: “djy”, “Moetie guy maak’ie – moet nie kwaad word nie,“ nei”- nee, “wiesie”- wees nie, “ee‘s”- eers ens. word gebruik.
    Persoonlik het ek ondervind dat ek soms terug moes gaan om dele van die boek weer te lees om volkome te kan verstaan wat gesê word. Die verhaal laat mens toe om jouself ten volle in te leef en deel te word van die kultuur en taal van die Bo-Kaapse mense.

Leave a Reply

Your email address will not be published.